

Geleë 8 Km Noord van Vereeniging en 35 Km Suid van Johannesburg op die R82
Geen honde toegelaat/ No dogs allowed
Vakansie Oord in Gauteng
Geleë in 'n rustige, landelike omgewing, slegs 35 km vanaf Johannesburg op die R82 by Southgate verby bied Koppisol lafenis aan die moeë stadsbewoner wat uit die betonoerwoud wil vlug.
Kom rus uit in 'n veilige, boomryke omgewing. Hier het jy die geleentheid om weer die gekwetter van die voëls te waardeer en te vergeet van die stad se gewoel en gejaag.
Sekuriteit is top prioriteit by die park en is omring met veiligheidsheinings en toegang tot die park word beheer met ‘n bemande 24 uur toegangsbeheerpunt.
Koppisol vakansieoord bied ‘n verskeidenheid van akkomodasie. Daar is ‘n keuse van gewone selfsorg chalets of 'n trein chalet wat goed toegerus is en daagliks gediens word. Ons chalets is gerieflik vir 'n gesin van 2 volwassens en 2 kinders, is ten volle toegerus, het ook DSTV en word daagliks gediens. Ons unieke trein chalet is net geskik vir 2 persone.
Die woonwapark bied groot staanplekke, bome wat genoegsame skaduwee verseker met netjiese badkamers in die middel van die park, nie te ver van die staanplekke af nie. Daar is ook 4 staanplekke met geriewe wat bestaan uit 'n stoepie met 'n onderdak braaier, kombuis met dubbelle opwasbak en klein yskas, aparte toilet en in die badkamer is daar stort, bad en wasbak. Hierdie eenhede word daagliks gediens maar skottelgoed word nie gewas nie.
Die oord beskik oor 'n warm- en kouewaterswembad asook 'n babaswembad. Swembad word slegs warm gemaak gedurende die maande van September tot einde April, oor naweke en skoolvakansies. Indien die weer nie te koud nie kan die swembad nog oor naweke in Mei ook warm gemaak word. Skakel gerus om uit te vind of dit so is. Verder beskik die oord oor mini gholf, speelparkie vir kleiner kinders, buite snoeker en -skaak, 'n groot waterglybaan en wipmatte. Ons het ook 'n goed toegeruste kafee wat in die basiese behoeftes kan voorsien asook koop-en-loop etes.





* GEEN HONDE, MOTORFIETSE OF HARDE MUSIEK OP STAANPLEKKE EN IN CHALETS NIE TOEGELAAT NIE.
(Nasionale woonwa groepe het toestemming om in die toe sale musiek te maak.)
* ONS AANVAAR GEEN DAGBESOEKERS.
* U IS WELKOM OM NA DIE OORD TE KOM KYK, SLEGS OP AFSPRAAK.
* GEEN HENGEL (VISVANG) FASILITEITE
Kafee &
Wegneem etes

Fietse Welkom


Gas water verwariming

Eie Braai geriewe
