
Geboude chalets
Ons chalets is geskik vir 2 volwasse en 2 kinders of 2 volwasse en 4 kinders, maar ongelukkig geensins vir 2 getroude paartjies nie. Toegerus met eet- en kookgerei, 2-plaat elektriese stoof met klein ondjie, mikrogolfoond, elektriese braaipan, -ketel, -broodrooster en yskas. Linne, handdoeke en opwasvadoeke word voorsien. Hoofslaapkamer het ān dubbelbed,Klerekas met ān klein ingeboude kluis, asook ān haardroĆ«r op die spieĆ«ltafel. 2de Slaapkamer het ān stapelbed (d.i. een bed bokant die ander bed), met ingeboude klerekas. In die sitkamer is 2 banke waarvoor ons ook linne verskaf maar net geskik vir kinders onder die ouderdom van 12 jaar wat klein van postuur is. Badkamer het bad, stort en toilet. In die sitkamer is daar TV met DSTV opvangs. Tuinmeubels en braai area voor die chalet asook ān skadunet motorafdak vir 1 voertuig. Bring asb. eie handdoeke vir die swembad. Elektriese onderkombers op dubbelbed vanaf Junie tot Augustus. Alle beddens het duvets en daar is 4 enkelbedkomberse. Elke eenheid het ān verwarmer vir gebruik gedurende winter maande. Chalets word daagliks gediens.




Neem asb. kennis dat die chalets nie almal dieselfde is nie.
Trein chalets
Slegs 2 persone kan gehuisves word. Stoep met ān dak waaronder ān geboude braaier en tuinmeubels vir 2 persone. Aparte toilet. Stort en in dieselfde vertrek is daar ān spieĆ«ltafel (geen haardroĆ«r nie). Sit- slaapvertrek met 2 enkelbeddens wat bymekaar gestoot is. Sitbank in dieselfde vertrek. LugreĆ«ling in hierdie vertrek. Klein kleur TV met SABC kanale. Aparte kombuis met yskas, 2-plaat elektriese stoof met ān klein oondjie, mikrogolfoond, elektriese braaipan, -ketel en ābroodrooster. Alle eet- en kookgerei, handdoeke en linne word voorsien. Bring asb. eie handdoeke vir swembad. Chalets word daagliks gediens. Geen motorafdak nie.

