top of page

Geboude chalets

Ons chalets is geskik vir 2 volwasse en 2 kinders of 2 volwasse en 4 kinders, maar ongelukkig geensins vir 2 getroude paartjies nie.  Toegerus met eet- en kookgerei, 2-plaat elektriese stoof met klein ondjie, mikrogolfoond, elektriese braaipan, -ketel, -broodrooster en yskas.  Linne, handdoeke en opwasvadoeke word voorsien.   Hoofslaapkamer het ‘n dubbelbed,Klerekas met ‘n klein ingeboude kluis, asook ‘n haardroër op die spieëltafel.   2de Slaapkamer het ‘n stapelbed (d.i. een bed bokant die ander bed), met ingeboude klerekas. In die sitkamer is 2 banke waarvoor ons ook linne verskaf maar net geskik vir kinders onder die ouderdom van 12 jaar wat klein van postuur is.   Badkamer het bad, stort en toilet. In die sitkamer is daar TV met DSTV opvangs. Tuinmeubels en braai area voor die chalet asook ‘n skadunet motorafdak vir 1 voertuig. Bring asb. eie handdoeke vir die swembad.   Elektriese onderkombers op dubbelbed vanaf Junie tot Augustus.   Alle beddens het duvets en daar is 4 enkelbedkomberse. Elke eenheid het ‘n verwarmer vir gebruik gedurende winter maande.   Chalets word daagliks gediens.   

Neem asb. kennis dat die chalets nie almal dieselfde is nie.

Trein chalets

Slegs 2 persone kan gehuisves word.  Stoep met ‘n dak waaronder ‘n geboude braaier en tuinmeubels vir 2 persone.   Aparte toilet.   Stort en in dieselfde vertrek is daar ‘n spieëltafel (geen haardroër nie).    Sit- slaapvertrek met 2 enkelbeddens wat bymekaar gestoot is.   Sitbank in dieselfde vertrek.  Lugreëling in hierdie vertrek.   Klein kleur TV met SABC kanale.   Aparte kombuis met yskas, 2-plaat elektriese stoof met ‘n klein oondjie, mikrogolfoond, elektriese braaipan, -ketel en –broodrooster.   Alle eet- en kookgerei, handdoeke en linne word voorsien.   Bring asb. eie handdoeke vir swembad.   Chalets word daagliks gediens.    Geen motorafdak nie. 

Ons adres

8 Km Noord van Vereeniging

35Km Suid van Johannesburg

Op die R82

Ruitverwysing:

S 26° 33.801

O 27° 56.042

Kontak:

TEL: 016-556-1112

E-MAIL: koppisol@cyberserv.co.za

Ons aanvaar:

© 2016 by Koppisol Vakansie oord Proudly created with Wix.com

bottom of page