top of page

Reëls:

* Die spoedbeperking in die oord is 20 k.p.u.  Kinders moet raak gesien word en nie raak gery word nie.  Die kind wat oor die pad loop kan dalk joune wees.

 

* Geen troeteldiere word in die oord toegelaat.

 

* Motorfietse word nie toegelaat nie.

 

* Dit is streng verbode om enige plante/bome in die oord te beskadig of verwyder.

 

* Jong kinders moet onder toesig wees by die gebruik van die swembaddens, glybaan, speelpark en badkamer geriewe.

 

* Moet asb. nie rommel strooi in die oord nie, daar is orals vullisblikke vir hierdie doel.  Laat asb. die oord inn die toestand waarin u dit graag wil kry.

 

* Geen vure mag op die grond gemaak word nie, gebruik asb. een van die vele braaiers in die oord vir hierdie doel.

 

* Daar mag nie met petrol aangedrewe motorfietsies, driewielfietse of knortjorre in die oord gery word nie.  Slegs gewone trapfietse toelaatbaar. 

 

* Selfoonlugtyd kan by ontvangs gekoop word.  

 

* Die skiet van klappers is streng verbode in hierdie oord.

 

* Klub Koppisol neem geen verandwoordelikheid vir enige verlore goedere nie.

 

* Geen harde musiek toegelaat, dis slegs toelaatbaar in die 2 toe sale in die park. 

Voorwaardes van Besprekings

* Balans van rekening betaalbaar 7 dae voor aankoms.

 

* Kansellasies word selgs aanvaar tot 30 dae voor aankomsdatum.

 

* Deposito sal slegs terugbetaal word indien verblyf/staanplek verhuur word vir die

volle tydperk en is slegs terug betaalbaar aan die einde van sodanige verblyf.

 

             * Kansellasiefooi van 10% (minimum R60) van waarde van bespreking sal afgetrek

word van enige terugbetalings wat gemaak word.

 

* Persone wat wegbly sal verantwoordelike gehou word vir die volle koste van die

bespreekte tydperk of vir ‘n gedeelte daarvan indien die staanplek/chalet nie vir die

volle tydperk verhuur word nie.

 

* Bespreekte chalet /staanplek word slegs vir 24 uur gehou, daarna is dit beskikbaar

om verhuur te word.

 

* Ons aanvaar geen tjek betalings nie. 

Ons adres

8 Km Noord van Vereeniging

35Km Suid van Johannesburg

Op die R82

Ruitverwysing:

S 26° 33.801

O 27° 56.042

Kontak:

TEL: 016-556-1112

E-MAIL: koppisol@cyberserv.co.za

Ons aanvaar:

© 2016 by Koppisol Vakansie oord Proudly created with Wix.com

bottom of page