
KAMPERING:
Die park het 100 woonwastaanplekke wat elk ongeveer 10mX15m groot is. Die park het groot bome met grasperke. Meeste paaie is geplavei. Staanplekke het elektriese krag, water en dubbel braaier met rooster. Die ablusiegeriewe is skoon en netjies. Ons aanvaar 'n maksimum van 6 persone per staanplek, moet 'n gesin van pa, ma en kinders beloop. Kinders onder 3 is gratis maar tel nogsteeds as 'n persoon op die staanplek.
Let asseblief daarop dat net vrystaande tente op ān staanplek nie toegelaat word nie. (Woonwa met 'n klein vrystaande tent vir kinders is toelaatbaar)



Describe your image here





Ons hou van wortels maar kan nie gery word nie.

Ons hou van wortels maar kan nie gery word nie.
Privaat kampering:
Ons het so ook vier woonwastaanplekke met privaat geriewe beskikbaar. Hier deel jy geriewe met niemand nie. Elke staanplek het ān stoep met onderdak braaier (jy kan nog braai, al reĆ«n dit), kombuis met dubbele opwasbak, aparte toilet en in die badkamer is daar bad, stort en wasbak.
Let asseblief daarop dat net vrystaande tente op ān staanplek nie toegelaat word nie. (Woonwa met 'n klein vrystaande tent vir kinders is toelaatbaar)



Ons het ān wye verskeidenheid vermaak vir die hele familie. Ouers kan ān bietjie āalleen tydā kry as die kinders hulle geniet by die warm swembad, koue swembad, waterwurm, of trampoliene.
Vir kinders
Verder is daar ook tafeltennis, vlugbal, buite skaak, ān kinder speelarea en ān babaswembad wat hulle ure sal besig hou. Mini gholf, snoeker en pool kan ook gespeel word teen ān nominale fooi.
Die warm water swembad word verwarm oor naweke en skoolvakansies 1 Sept tot einde April. Gedurende Paasnaweek en Desember vakansie word daar programme aangebied vir oud en jonk.
