
Kontak
016 556 1112 / 016 556 1155
Email: koppisol@cyberserv.co.za
Adres: 8 Km Noord van Vereeniging en 35 Km Suid van Johannesburg op die R82
Vir enige verdere navrae kontak:
* Ons aanvaar geen dagbesoekers
Padaanwyssings
Vanaf Bloemfontein:
Neem N1 tot by Kroonvaal plaza. Neem Sasolburg pad Hierdie word R59 na Alberton. Neem die Van Riebeeckstraat afrit in Vereeniging, sodra van snelweg af draai links, gaan oor 2 verkeersligte draai links by 3de verkeerslig in Johannesburg se rigting. Hou aan vir ongeveer 8km Koppisol op linkerkant.
Vanaf Koppies en Heilbron:
Neem Vereeiging pad, gaan oor Vaalrivier, by die 2de verkeerslig draai regs in Voortrekkerstraat. Hou reguit aan deur Vereeniging gaan verby Hospitaal en Shoprite Checkers. Koppisol 8km van daar op linkerkant.
Vanaf Potchefstroom:
Neem pad na Vereeniging, ry oor snelweg. Draai links by 3de vierrigtingstop d.i. Houtkopweg. Draai links by 2de verkeerslig (Shoprite checkers op regterkant) in Johannesburg se rigting. Koppisol 8km vandaar op linkerkant.
Vanaf Villiers:
Gaan deur tolhek oor Vaalrivier. Neen 1ste pad links na Vereeniging d.i. R54. Hou reguit aan in Vereeniging tot pad na Links draai, neem 1ste straat regs d.i. Houtkopweg. Hou aan tot verkeerslig onder snelweg, draai regs. Koppisol 9km vandaar op linkerkant.
Vanaf Oosrand:
Neem Vereeniging R59 snelweg by Alberton verby tot by Ringweg in Vereeniging. Sodra van snelweg af draai regs. Gaan oor 4-rigting stop (Shoprite op regterkant). Draai regs by verkeerslig. Koppisol 9km vandaar op linkerkant.
Vanaf Wesrand:
Neem die N1 sementsnelweg suid. Neem die heel linkerkantste hek by die Grasmere tolplaza.
Ry aan tot by T- aansluiting, draai links na Walkerville,
Hou aan tot by die volgende T- aansluiting (800m) draai links na Johannesburg/Randvaal. Ry aan vir 600m, draai regs (Dit is die eerste teerpad)
Hou vir 7.5km op hierdie pad aan (pad het baie draaie) tot by ñ T- aansluiting. Draai regs. Koppisol 13.2km vandaar op regterkant.
Vanaf Pretoria:
N1 of R24 ksn gevolg word. As u woonwa sleep bevel ons aan om N3 tevolg daarna N12 tot by Alberton. Volg daarna padbeskrywings van die Oos Rand af.
Vanaf Johannesburg Middestad:
Volg M1 suid, neem Vereeniging M27 (R82). Koppisol 35km van Southgate op regterkant.